top of page

Posliga Senterslag

  • Mar 24, 2018
  • 2 min read

Posliga senterslag.

  1. Gong Baan met 5 gonge 5 skote op 150m, 175m, 200m, 185m & 200m Lê en skiet.

  2. Springbok 5 skote op 200m Lê en skiet.

  3. Rooibok 5 skote op 100m Sit en skiet.

  4. Vlakvark 5 skote op 30m Staan en skiet.

Sommige persone was nie heel verseker gewees wat dit is of wat om te verwag nie, wat die meeste skieters wel die naweek op die skietbaan ondervind het, is seker net twee woorde "vet pret". Saterdag het n paar manne en dames lank en ver gestaar na die teikens wat mooi neergesit was, reg vir skiet. Sommiges het die wind so verlangs bewonder en besef die gaan nie te maklik wees nie en ander het weer gedink dankie tog ekt n groot kaliber gebring. Die manne met die kleiner kalibers het maar net gehoop dat die spoed genoeg sal wees.

Wat ek wel ondervind het - met spoed het jy minder wind tyd of sal ek sê minder hang tyd met jou patroon as wat jy sal hê met n groot, stadiger kaliber.

Ek is nie seker of my teorie reg is nie, maar dit het vir my gerus gestel. Ons dag het sommer mooi begin met Jaap Steyn wat die dag vir ons geopen het en die gewone reëls weer verduidelik het. Daarna is sommer vinning begin met die gong baan en afstande wat wissel tussen 100m en 200m, 5 skote. Springbokke was mooi geplaas met 5 skote op 200m en jy kan lekker aanlê om jou skootplasing vas te lê. Rooibokke is op 100m en n sit posisie maak dit effe moeilik om jou skote op die punte te plaas. Laastens, wat jy dink n maklike skiet gaan wees, is toe nie so n maklike skiet nie en ek glo daar hardloop nog gekwesde vlakvarke rond wat 5 skote staan houding was sonder enige hulp middel.

Alhoewel daar n paar skute wel die ander skute uitgehelp het met n paar punte en nie so lekker op hulle eie teiken gekonsentreer het nie glo ek het almal dit wel baie geniet. Namens die klub wil ons vir JB Maritz, Dean Hurter en Riaan Vermeulen dankie sê dat julle alles so mooi uitgepak het. Wynie Lubbe, Marietjie Thompson, Marius Sinden, Rassie Erasmus en Hein Snyman, ons baan beamptes, julle is awesome! Baie dankie dat julle almal veilig hou en die verskillende bane so lekker behartig het. Ook n groot dankie aan die skuts wat wel besluit het om die dag te kom geniet met julle gesinne - wind waai of nie. Ons hoop regtig julle het die dag ook geniet saam met ons. Indien ek enige een met die bedankings gemis het, ek is retig jammer, maar dankie vir jou ook.

Dan net gou die volgende datums wat u asseblief in gedagte moet hou;

APRIL

03 Apr: 18h00 KOMITEE VERGADERING

07 Apr 09h00 Posliga Randslag

10 Apr: Skole open 2de Kwartaal

13-14Apr Herlaai kursus & Jagvoorbereiding

28 Apr: 09h00 Handwapen & Haelgeweer.

Chaza eksamen skiettoets

Vriendelike groete PVV


 
 
 

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.

Volg ons op FACEBOOK

  • Facebook Social Icon

Kontak

Jaap Steyn 

082 927 5890

Adres

Postmasburg, 8420, South Africa

©2017 by Postmasburg Vuurwapen Vereniging. Proudly created with Wix.com by Willem Britz

bottom of page