Handwapen & .22 Silhoeëtskiet
silhouettesx300 DSC_0011 DSC_0022 DSC_0056 DSC_0023 DSC_0025 DSC_0021 DSC_0010 DSC_0057 DSC_0037 DSC_0054 DSC_0052 DSC_0041 DSC_0034 DSC_0050 DSC_0047 DSC_0046 DSC_0042 DSC_0035 DSC_0018 DSC_0008 DSC_0007 DSC_0006 20171104_101717 20171104_091953
Dit was een van die jaareind skiete wat oor die tydperk van 2 afsonderlike Saterdae gedeel is. Handwapen & .22 Silhoeët was op die eerste Saterdag die 4 Nov 2017 gehou.
Handwapen was as volg gereël deur Heindrich Schreuder met twee skietbane wat regtig die oog getrek het.
Baan 1:Toe getrek met seil en gebinde hande wat volg met n kort afstand hardloop tot by jou handwapen. Lekker uitasem vir n paar manne en dames volg dan na n vinnige af vuur van 10+ skote as ek reg getel het :-) op 10 val plate.
Baan 2: Sien jouself in jou bed lê met jou handwapen op die bedkassie, n indringer in jou kamer kort afstand skiet 2 skote daarna n kort afstand iemand hulp gaan bied deur nog twee indringers met 2 skote elk probeer afweer. Laai dan weer en gaan skiet uit die ruit uit daar is nog twee buite. Klink sommer lekker nè, wel dit was omtrent n uitdaging en as ek die gesigte sien na die skiet baie opwindend.
Baie geluk aan:
1ste - Heindrich Schreuder
2de - JL Mostert
3de - Le Roux Buckle
4de - JC Nicholas
5de - Pierre Richter
.22 Siloeëtskiet is weer mooi uiteen gesit soos ouder gewoonte, maar hierdie keer was alles streng volgens die reëls gehou. Van links na regs 5 skote per baan en teikens word vanaf skoot 1 - 5 getel in staan houding sonder hulp. Glad nie so maklik as jy die reëls volg nie.
Baan 1: vanaf links na regs 5 hoenderkies 5 skote.
Baan 2: vanaf links na regs 5 varkies 5 skote.
Baan 3: vanaf links na regs 5 kalkoene 5 skote.
Baan 4: Vanaf links na regs 5 ramme 5 skote.
Baie geluk aan:
1ste - JB Maritz
2de - Jaap Steyn
3de - Michael Coetzee
4de - JC Koen
5de - Jannie Kotzè
Ons hoop almal het hulle dag geniet al was dit baie warm.
Hou ook in gedagte die naweek 11 November 2017 is dit die jaggeweer en haelgeweer skiet wat gaan plaasvind en dat die jaareind funksie ook gehou gaan word. Prys uitdelings, wisseltroefees, kategorie wenners en ete te Soetfontein Lapa.
PS: Onthou lede geld moes al betaal gewees het ☺11 November 2017 gaan jy van voor af aansluit indien jy nie betaal het nie.!!!
PVV
ABSA Spaarrekkening
NR: 9162299839
Postmasburg tak
Stuur bewys van betaaling aan: jaapminnie@telkomsa.net
of FAX: 0866458222







Comments