top of page

Handwapen & .22 Silhoeëtskiet

  • Nov 6, 2017
  • 2 min read

Dit was een van die jaareind skiete wat oor die tydperk van 2 afsonderlike Saterdae gedeel is. Handwapen & .22 Silhoeët was op die eerste Saterdag die 4 Nov 2017 gehou.

Handwapen was as volg gereël deur Heindrich Schreuder met twee skietbane wat regtig die oog getrek het.

Baan 1:Toe getrek met seil en gebinde hande wat volg met n kort afstand hardloop tot by jou handwapen. Lekker uitasem vir n paar manne en dames volg dan na n vinnige af vuur van 10+ skote as ek reg getel het :-) op 10 val plate.

Baan 2: Sien jouself in jou bed lê met jou handwapen op die bedkassie, n indringer in jou kamer kort afstand skiet 2 skote daarna n kort afstand iemand hulp gaan bied deur nog twee indringers met 2 skote elk probeer afweer. Laai dan weer en gaan skiet uit die ruit uit daar is nog twee buite. Klink sommer lekker nè, wel dit was omtrent n uitdaging en as ek die gesigte sien na die skiet baie opwindend.

Baie geluk aan:

1ste - Heindrich Schreuder

2de - JL Mostert

3de - Le Roux Buckle

4de - JC Nicholas

5de - Pierre Richter

.22 Siloeëtskiet is weer mooi uiteen gesit soos ouder gewoonte, maar hierdie keer was alles streng volgens die reëls gehou. Van links na regs 5 skote per baan en teikens word vanaf skoot 1 - 5 getel in staan houding sonder hulp. Glad nie so maklik as jy die reëls volg nie.

Baan 1: vanaf links na regs 5 hoenderkies 5 skote.

Baan 2: vanaf links na regs 5 varkies 5 skote.

Baan 3: vanaf links na regs 5 kalkoene 5 skote.

Baan 4: Vanaf links na regs 5 ramme 5 skote.

Baie geluk aan:

1ste - JB Maritz

2de - Jaap Steyn

3de - Michael Coetzee

4de - JC Koen

5de - Jannie Kotzè

Ons hoop almal het hulle dag geniet al was dit baie warm.

Hou ook in gedagte die naweek 11 November 2017 is dit die jaggeweer en haelgeweer skiet wat gaan plaasvind en dat die jaareind funksie ook gehou gaan word. Prys uitdelings, wisseltroefees, kategorie wenners en ete te Soetfontein Lapa.

PS: Onthou lede geld moes al betaal gewees het ☺11 November 2017 gaan jy van voor af aansluit indien jy nie betaal het nie.!!!

PVV

ABSA Spaarrekkening

NR: 9162299839

Postmasburg tak

Stuur bewys van betaaling aan: jaapminnie@telkomsa.net

of FAX: 0866458222


 
 
 

Comments


Volg ons op FACEBOOK

  • Facebook Social Icon

Kontak

Jaap Steyn 

082 927 5890

Adres

Postmasburg, 8420, South Africa

©2017 by Postmasburg Vuurwapen Vereniging. Proudly created with Wix.com by Willem Britz

bottom of page