top of page

Terugvoering Funshoot

  • Sep 10, 2017
  • 1 min read

Om mee te begin wil ons as PVV lede aan almal dankie sê wat die dag saam ons geniet het. Daar was darem weer nuwe gesigte wat so n dag die moeite werd maak om aan te bied en gesien word as n positiewe belangstelling.

Die dag het sommer lekker afgeskop met n paar instel skote en n openingsgebed deur Rassie. Daarna is daar plekke ingeneem en die kompetisie het begin. Met bane wat as volg beplan was "Baan 1" soutsak lê posisie, "Baan 2" dolos sit posisie, "Baan 3" plaashek kniel/staan posisie en "Baan 4" 3-been skiet stok staan posisie. Die vier bane het elk vyf skote vereis wat skiet dolos +/-80m, 3 gonge tussen 150-300m en n laaste skoot op +/-330m kleiduif afskiet.

Wat gesien was as n funshoot het dadelik ontaard in n moeilike geskrop en sukkel om te skiet vir n paar manne en vir ander was dit weer makliker om aan te pas.

Wel gedaan aan die top 5 skutte;

1. JJ Reinecke 480punte

2. Louis van der Linden 450punte

3. Sarina Reinecke (D) 420punte

4. JC Nicholas (J) 330punte

5. Mornè Thompson 300punte

Dan sommer ook aan die twee skutte, JB Maritz wat die eerste kleiduif raak geskiet het en Louis van der Linden wat ook een afgeskiet het geluk sê dit was verseker die moeilikste skiet afdeling op die baan.

Hier volg so paar mooi foto's vir die dag.

Vriendelike groete

PVV SPAN


 
 
 

Comments


Volg ons op FACEBOOK

  • Facebook Social Icon

Kontak

Jaap Steyn 

082 927 5890

Adres

Postmasburg, 8420, South Africa

©2017 by Postmasburg Vuurwapen Vereniging. Proudly created with Wix.com by Willem Britz

bottom of page