top of page

POSTMASBURG VUURWAPEN VERENIGING JAKKALS NAG SKIET

  • Sep 5, 2017
  • 1 min read

Jakkals nagskiet is verseker een van die lekkerste skiet byeenkomste wat PVV aanbied met afstande wat wissel vanaf 50m - 300m. Die gesogte uitleg waarop die skietbaan uitgelê word is so opgestel om sodoende ook tyd te bespaar en elke skut die geleentheid te bied om die volle skiet oefening te voltooi. Die jakkals nag skiet is ook baie uitdagend en is nie sommer net vir skiet nie - tabelle word geplaas vir sekere skoot plasings soos bv kop, blad of punte aanwysings. Die kop en blad skoot plasings word bepaal deur n gong wat agter die kop of blad geplaas word en n reflektor oor die oë of op die blad. Die gong plasings help sodoende om aanduiding te gee vir n raak skoot. 30 punte word toegeken per gong en punte aanwysings is soos tabelle aandui bv. V30,30,20,10,5 en -5.


 
 
 

Comments


Volg ons op FACEBOOK

  • Facebook Social Icon

Kontak

Jaap Steyn 

082 927 5890

Adres

Postmasburg, 8420, South Africa

©2017 by Postmasburg Vuurwapen Vereniging. Proudly created with Wix.com by Willem Britz

bottom of page